NewsSchool sportSchoolsSport

PLS se bobaas karatekas

Leerders van Laerskool Pietersburg (PLS) het onlangs aan 'n karatekompetisie in die stad deelgeneem en verskeie medaljes ingepalm.

POLOKWANE – Review het met die jong karatekas gesels om by hulle te hoor hoekom karate vir hulle so ‘n lekker sportsoort is.

Nathan Weidemann het ‘n brons medalje by die kompetisie opgeraap en sê hy hou baie van karate want dit leer jou selfbeheersing.

Konsentrasieverbetering is vir Annika Badenhorst, wie twee goue medaljes gewen het, een van die hoof redes hoekom sy van karate hou.

Fred Scott het ook twee goue medaljes opgeraap en vertel dat karate hom baie na aan die hart lê omdat dit vir hom selfvertroue gee.

Claude Reynolds vertel dat karate ‘n sportsoort is wat hom help om homself beter te leer ken. Hy het twee silwer medaljes tydens die kompetisie gewen.

Selfverdediging en vertroue is vir Paul Snyman twee van die beste aspekte van karate en hy is baie trots op die twee goue medaljes wat hy onlangs verower het.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button