Local NewsNews

Susan se stem nou stil

Susan de Lange (78) was onder meer vir 23 jaar verbonde aan Sanca, waar sy as inligtingsbeampte werksaam was

POLOKWANE – Susan de Lange (78) is verlede week oorlede is. Haar lewenswerk was egter om die gemeenskap op vele vlakke te dien.

Riëtte van der Linde, direkteur by Sanca, vertel dat Susan ‘n passie vir haar werk en vir mense gehad het.

“Sy was ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat later praatjies vir Sanca gee het en ook die maatskaplike werker en terapeute gehelp het. Sy is later aangewys as kantoorhoof en direkteur.

“Sy is ‘n passievolle mens wat haar laaste besittings vir iemand sou gee. Sy was ‘n sagte mens wat gou-gou van pasiënte, vriende gemaak het”

Van der Linde vertel dat Sandra baie moeilik weggegaan het by Sanca en dat sy geglo het daarin om aktief te bly.  “Sy was altyd daar vir ‘n mens en ons gaan haar baie mis.”

Dia van Staden, ‘n jarelange vriendin van Susan, onthou haar as iemand wat ‘n groot hart gehad het vir omgee.  “Sy het altyd vir ander gegee en baie min terug verwag. Alhoewel sy lief was vir diere, veral haar honde, was mense haar primêre liefde.

Susan se man is jare gelede oorlede en haar seun is kort daarna ook oorlede. Sy het ‘n dogter wat in Eeufeeshuis woon.

Susan se roudiens word Vrydag om 11:00 vanuit die N.G. Gemeente Pietersburg-Noord gehou.

Lees die vol berig in vandag se Review Weekend

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button