Local NewsNews

Tuisgebak uit die boonste rakke

Met 'n paar van hul koekies byderhand sien mens graag uit na teetyd

POLOKWANE – Corien en Melissa Pelser, ‘n ma en dogterspan, bak daagliks heerlike koekies.

“Ons is albei baie lief vir bak en bak omtrent alles,” sê Melissa. Sy verduidelik dat hulle in Januarie begin het om koekisters te bak en dat die besigheid sedertdien mooi gegroei het.

“Ons sal enige iets bak wat mense wil hê, van klein koekies en beskuit, tot vleispasteitjies en vetkoek. Ons maak ook skinkborde eetgoed vir funksies.”

Corien vertel dat hulle gewoonlik ‘n voorraad van gebak het, maar dat items soos vetkoek vars gebak word vir hul kliënte. Dit is die gesin se enigste inkomste en hulle vertel dat hulle baie gelukkig is om iets, waarvan hulle albei baie hou, as werk te kan doen.

“Ons het ‘n goeie verhouding en is beste vriende. Die liefde vir bak is in die familie. My ma was net so lief vir bak en my kleindogter deel ook dié liefde,” vertel Corien trots. Corien en Melissa stem saam dat dit baie genotvol is om mense se gesigte, veral die bejaardes, te sien wanneer hulle items by hulle koop.

“Hulle gesigte verhelder behoorlik as hulle ‘n pakkie koekies of beskuit by ons koop,” glimlag Melissa.

Moeilike kliënte is soms ‘n probleem, maar gelukkig is daar darem min van hulle.

“Ons gebak is vars, lekker en baie bekostigbaar.”

“Die verpakking is ook van so ‘n aard dat dit nie die produk duurder maak nie. Ek geniet dit vreeslik om klein koekies te bak terwyl my ma meer geniet om die koeksisters te maak. Om besluit te bak is beslis die meeste werk, omdat dit nog uitgedroog moet word,” verduidelik Melissa. “Ons dink dieselfde en dit maak dat ons baie lekker saamwerk. Ons help mekaar en alles wat ek ken, het ek by my ma geleer,” sê Melissa.

Hul gebak kan by Florapark vlooimark gekoop word of bestellings kan geplaas word by www.melissapelser30.wixsite.com/cmkombuis of stuur ‘n e-pos aan: melissapelser30@gmail.com.

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button