NewsSchool sportSchoolsSport

MEA gerat vir Julie Bokkieweek

Drie van Marnè Ebersohn Akademie (MEA) se leerders is verkies vir die komende Bokkieweek en is slaggereed om hul skool trots te maak.

POLOKWANE – Die leerders vertel dat hulle nie reeds lank rugby speel nie, maar dat hulle die sport baie geniet en baie daarna uitsien om die skool gedurende die Julie-vakansie te verteenwoordig.

Dewald du Toit en Jean Daniels is beide gekies vir die o/19-span en Cole Gilbert is gekies vir die o/16-span.

Dewald speel al die afgelope twee jaar rugby en sĂª dit is vir hom ‘n groot eer om vir die Bokkieweekspan uit te draf.

“Ek is bly om te sien my harde werk en toewyding werp vrugte af en ek sien baie uit na die Bokkieweek,” vertel hy.

Sy spanmaat, Jean, speel vanjaar vir die eerste keer rugby en sĂª hy was aangenaam verras toe hy tot die Bokkieweekspan verkies is.

“Ek kan nie anders as om trots te wees daarop dat ek in my eerste jaar goed genoeg kan wees om gekies te word,” vertel hy.

Cole is meer gesout in rugby en beoefen diĂ© sport al vir drie jaar. “Dis baie harde werk en die week self is nie maklik nie maar dit is beslis baie lekker en die moeite werd.”

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

 
Back to top button