Witkruismonument word opgegradeer
Die Witkruismonument tussen Polokwane en Mokopane word Saterdag as deel van ‘n gedagtenisviering aan slagoffers van plaasmoorde opgegradeer. Volgens Anton Dreyer, Suidlanderslid, word dié monument sedert sy ontstaan in 2004 jaarliks opgeknap en nuwe kruise word deur naasbestaandes en familie geplant wat die afgelope jaar hul geliefdes op die wrede wyse verloor het. Belangstellendes kom …
Die Witkruismonument tussen Polokwane en Mokopane word Saterdag as deel van ‘n gedagtenisviering aan slagoffers van plaasmoorde opgegradeer.
Volgens Anton Dreyer, Suidlanderslid, word dié monument sedert sy ontstaan in 2004 jaarliks opgeknap en nuwe kruise word deur naasbestaandes en familie geplant wat die afgelope jaar hul geliefdes op die wrede wyse verloor het.
Belangstellendes kom Saterdagoggend 08:00 by Protea Hotel Ranch Resort bymekaar waarna voertuie na die monument vir die seremonie sal vertrek.
‘n Erediens sal plaasvind en Andries Breytenbach, Boere Volksraad-voorsitter, Steyn van Rönge, AWB-lid, en Barend Pienaar, GPF Nylstroom-voorsitter sal toesprake lewer.
Gustav Muller, Suidlandersleier se toespraak vind reeds môre (Vrydag) om 19:00 by die NG Kerk Pietersburg-Oos in Betzstraat plaas.
Vir verdere navrae kan Lita Fourie by 060 414 6129 geskakel word.
Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za