NewsSchools

In die kollig voel Celeste Fenner tuis

Op die jong ouderdom van 18 droom Celeste Fenner reeds om in die kollig op die verhoog te pronk.

POLOKWANE – Hierdie gr. 12-leerder van Hoërskool Pietersburg het Vrydagaand tydens die Drama Skool se toneelstukke op die verhoog verskyn.

“Ek beoefen reeds vir twee jaar drama by die drama skool en dit is vir my baie lekker om my talent voor ander mense uit te leef. Ek geniet dit ook om saam met my vriende hier te wees, ons het almal dieselfde passie. Daar is wel stress aan toneelspel verbonde, veral wanneer jy dalk jou woorde vergeet. Daarby word jy ook redelik uit jou gemaksone gehaal wanneer jy op die verhoog is.”

Celeste se eerste openbare optrede was vroëer vanjaar by die Bosveld Kunstefees waar sy en De Wet Doman ‘n eerste plek met hul samespraak verwerf het.

In haar vrye tyd teken of skryf sy graag. “Ek skryf boeke en dans ook graag of luister na musiek. Ek is ook lief daarvoor om saam met my vriende en familie te kuier.”

Sy is tans besig met haar finale eksamen en wil graag haar loopbaan in drama verder verken. “Volgende jaar gaan ek eers by Pnewmatix aansluit. Daarna gaan ek óf Stellenboch toe óf deur die pos studeer. Ek wil baie graag ‘n loopbaan in drama volg.”

Celeste was een van die meisies wat ‘gevange geneem’ is in die jongste konsert van Die Drama Skool. Die onderwyser, Louise Groenewald, vertel dat Celeste ‘n aanwins vir die skool is en dat sy ‘n blink toekoms in drama het.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button