Local NewsNews

Oud-inwoner deel haar dier- en waterkennis

Die wêreld is haar oester en sy deel haar kennis wyd en suid sedert sy die skoolbanke in Mokopane vaarwel toegeroep het.

MOKOPANE – Ronel Nel wat in 1989 aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer het, is ‘n professor in marine biologie wat haar kennis wêreldwyd deel hetsy dit by ‘n kongresse, op radio of televisie is.

Bosveld het met haar ma, Ann Nel, gesels aangesien Ronel tans in Tanzanië vir ‘n kongres in marine biologie en die seeskilpad is.

Ann vertel Ronel sê haar liefde vir water het die dag begin toe sy as kleuter haar voete in ‘n swembad gesit het.

“Sy het haar eerste gala reeds voorskool gewen en dit het nie daar gestop nie. Sy het regdeur haar skoolloopbaan vir ure geoefen. Na skool tussen haar studies het Ronel ‘n passie in onderwaterhokkie ontwikkel.

“Ronel is van 2006 tot 2008 gekies vir die Suid-Afrikaanse Elite-onderwatervrouehokkiespan en neem aan verskeie Wêreld-Onderwater Hokkie Kampioenskappe (WOHK) deel. In 2011 word sy uitgenooi as nasionale skeidsregter na die WOHK en in 2013 word Ronel gekies vir die Suid-Afrikaanse Meesters Damesspan om deel te neem aan die WOHK in Eger, Hongarye.”

Ann sê dit was dus geen verrassing dat Ronel Dierkunde en Chemie aan die Universiteit van Port Elizabeth gaan studeer het. In 1992 verwerf sy haar graad in dierkunde, in 1993 haar honneursgraad en in 1995 haar meestersgraad in effekte van sandpartikelgrootte op makrofaunale gemeenskappe in die sandstrand. Terselfdertyd verwerf Ronel haar Hoër Onderwys diploma.

Ronel het egter nie daar gestop nie en het in 2001 haar doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Haar tesis het oor die fisiese en biologiese faktore wat die makro-gemeenskappe van sandstrande struktureer gehandel.

Volgens Ann het Ronel na haar studies in 2002 ‘n internasionale studente reistoekenning van die Nationale Navorsingstigting en van 2010 tot 2014 drie toekennings van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit ontvang.

Volgens Ann het Ronel deursettingsvermoë wat sy nog by min mense gewaar het. Sy pak alles met oorgawe aan en maak seker dat elke taak voltooi word. In 1999 tot 2010 was sy aanbieder van die program Hoe verklaar jy dit op RSG. Ronel was ook vir agt episodes die aanbieder van die televisiereeks, Groen en het ook as wetenskaplike adviseur en spesialis in twee episodes van Shoreline opgetree.

Hierdie oud inwoner het in September die knoop in die VS op die Union meer van Seattle, deurgehaak. Sy is tans ‘n professor aan die Nelson Mandela Universiteit en Hoof van die Departement Dierkunde waar sy ook klasgee. Ronel en haar man, Lorenz Hauser , ‘n professor in genetika aan die Universiteit van Washington, gaan hulle later permanent in Seattle vestig.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button