Local NewsNews

Politieke partye dra by tot nuwe muur vir Herfsland

Die Nasionale Konserwatiewe Party (NKP) het sy hand uitgereik na die bejaardes van Herfsland.

MOKOPANE – Valerie Byliefeldt, Nasionale Sekretaris, sê na die moord op Hannie van Rooyen (81) in Oktober het die veiligheid van die bejaardes swaar op haar hart gaan lê.

“Ek het nagte wakker gelê en getop oor wat ek kan doen. Die werklikheid is dat die bejaardes weerbaar is omdat daar geen veilige muur om Herfsland is nie.”

Byliefeldt sê verskeie politieke partye het saam besluit om ‘n projek aan te pak en fondsinsamelling te hou om ‘n muur om Herfsland te bou. “Ek kan met ‘n dankbare hart sê ons eerste skenking van 10 000 stene is vroeg in November van Polokwane Bricks ontvang. Dit is egter nog net ‘n druppel in die emmer en ons vra die publiek en besighede se bystand.”

Geen kontantskenkings word egter aanvaar nie. “Die projek benodig wel bakstene, sement, plastiek vir waterdigting, versterkingsdraad, arbeid, sand en klip. Inwoners wat wil bydra kan haar by 073 457 3510 kontak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button