NewsSchools
Leerders toon talent met feestelike 3D-skeppings
Graad 3-leerders van Pietersburg Laerskool het verlede week driedimensionele kykkaste (dioramas) wat die geboorte van Jesus uitbeeld, gemaak en vertoon. Suidskool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg, sê die projek was deel van die leerders se lewensoriëntering-kurrikulum en het bewys dat daar niks met hul kreatiwiteit skort nie. Met die feesseisoen wat voorlê was die …

Graad 3-leerders van Pietersburg Laerskool het verlede week driedimensionele kykkaste (dioramas) wat die geboorte van Jesus uitbeeld, gemaak en vertoon.
Suidskool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg, sê die projek was deel van die leerders se lewensoriëntering-kurrikulum en het bewys dat daar niks met hul kreatiwiteit skort nie.
Met die feesseisoen wat voorlê was die geboorte van Jesus die gepaste tema vir die projek waartydens leerders meer oor die Kersboodskap kon leer en ook skeppende kuns beoefen het.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



