NewsSchools

Kleuters sluit jaar met sangaand af

Kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool en hul ouers het die jaar se aktiwiteite met ‘n gesellige Kerssangaand, Onder die Sterre, by die skool afgesluit. Rapporte is uitgedeel en ouers en gaste het hul op kampstoele en komberse op die speelterrein tuisgemaak terwyl die kleuters op die speelapparate en in die sandput baljaar het. Deon Jewaskiewitz, plaaslike …

Kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool en hul ouers het die jaar se aktiwiteite met ‘n gesellige Kerssangaand, Onder die Sterre, by die skool afgesluit.
Rapporte is uitgedeel en ouers en gaste het hul op kampstoele en komberse op die speelterrein tuisgemaak terwyl die kleuters op die speelapparate en in die sandput baljaar het.
Deon Jewaskiewitz, plaaslike leraar, het die verrigtinge met gebed en ‘n kort rede geopen en die sang is deur ‘n kwartet van Ensemble Esprit gelei wat bestaan uit Hanno Becker, Tiaan en Sonsie Jordaan en Shani Grobbelaar.
Leerkrag, Madelein Willemse, het die funksie gereël en sê dat die skool vanjaar afgewyk het van die gewoonte dat die kleuters iets aanbied. “Hierdie keer kon kleuters, ouers en onderwy­sers eenparig deelneem.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Ouers Wilma en Shaun Clifford met Ethan, Liam en Kaydi geniet verversings.
Luna en Mieke van der Merwe ondersteun die koeldrankstalletjie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button