Local NewsNews

Stad groet bekende: Leon Davel se gedenkdiens

Bekende sakeman en ingenieur, Leon Davel, is op 25 Desember na 'n lang siekbed oorlede.

POLOKWANE – Een van sy vriende, Johan Potgieter, vertel dat Leon ‘n groot Rugby entoesias was. “Ek was op ‘n stadium sy rugbyafrigter gewees en hy was waarlik een van die tradisionele-era hakers. Hy het baie goed rugby gespeel en was selfs die Verre-Noord kaptein.”

Leon se vrou, Ria, sê hy was op 14 Oktober by die Unitas Hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy tot en met sy afsterwe gehospitaliseer was.

“Leon het lank met sy gesondheid gesukkel en was ‘n diabeet met hoë bloeddruk. Die dokters het September verlede jaar sy regtervoet geamputeer en sy gesondheid het stelselmatig agteruit begin gaan. Hy was met ‘n fungi in sy bloed gediagnoser en het op die einde terugslag na terugslag in die hospitaal gehad wat hom swakker gemaak het,” vertel sy. Volgens vriende was Leon ‘n vredeliewende persoon wat baie vir sy medemens omgegee het en hy het diep voetspore in baie mense se harte gelaat. Hy was wel-bekend en laat ‘n groot leemte in die gemeenskap. Leon word oorleef deur sy vrou, Ria, dogter Leanne, twee seuns Christo en Eric Coetzee, en twee kleinkinders, Ian en Janeské Coetzee.

Sy gedenkdiens word op 20 Januarie vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen te Grimbreekstrtaat 83 om 11:00 gehou.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button