NewsSchools

PHS-groentjies laat waai op die atletiekbaan

Hoërskool Pietersburg (PHS) se groentjies het nie op hulle laat wag nie en het kort na die skole vir 2018 geopen het op die atletiekbaan en -veld weggespring.

POLOKWANE – Elkeen is besig om hul beste op die atletiekfront te lewer sodat hulle hul onderskeie bokke-spanne kan maak en sodoende die skool by atletiekbyeenkomste wat binnekort by die skool gaan plaas vind kan verteenwoordig.

Die leerders het vanoggend (Donderdag) vroeg met uitdunne in die landloop begin en daarna oorgegaan na die verskeie velditems waar party van hulle geleentheid gegun is om vir die eerste keer aan ‘n sportsoort deel te neem.

Van die leerders het aan Review vertel dat hulle vir die eerste keer moed bymekaar geskraap het om aan iets soos diskusgooi deel te neem, ander het weer vir die eerste keer die kans gevat om te gaan hardloop. Die dag, spesiaal vir die leerders, is daar gestel om ook die skool se atletiekspan te versterk en die leerders voor te berei vir die ander sportsoorte wat deur die skool aangebied word.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button