NewsSchools

PHS wys tande vir oud-Pieties op krieketveld

Die krieketgees op skolevlak loop reeds hoog by Hoërskool Pietersburg (PHS) nadat die eerstespan Saterdag vir oud-Pietiespelers, ook bekend as die Old Boys, op hul baadjie gegee het. PHS-krieketorganiseerder, Linki Roodt, sê die eerstespan het verlede week ‘n oefenkamp by die skool bygewoon wat met die wedstryd teen die Old Boys afgesluit is. Old Boys …

Die krieketgees op skolevlak loop reeds hoog by Hoërskool Pietersburg (PHS) nadat die eerstespan Saterdag vir oud-Pietiespelers, ook bekend as die Old Boys, op hul baadjie gegee het.
PHS-krieketorganiseerder, Linki Roodt, sê die eerstespan het verlede week ‘n oefenkamp by die skool bygewoon wat met die wedstryd teen die Old Boys afgesluit is. Old Boys was eerste in die kolfkamp en kon daarin slaag om 380 lopies in 50 beurte aan te teken. Petri de Kock het 86 aangeteken en afrigter Anthony Jones het 101, nie uit nie, behaal.
Met die aanvang van Pieties se kolfbeurt het die telling onbereikbaar gelyk, maar staatmakers Ivan Reynecke en hoofseun, Louis Nel se grenshoue het hul elk 104 en 94 lopies op die telbord besorg. Louis is nie uitgeboul nie en het saam met die laaste kolwers 47 lopies in twee beurte aangeteken om die knoop deur te hak. PHS wen die wedstryd met slegs drie balle oor.
“Dit was ‘n goeie dag en wonderlike gees om oud-Pieties weer in aksie te sien. Ons sien uit na die volgende paar wedstryde wat tot en met einde Februarie byna elke naweek op Pieties se veld gespeel word,” sê Roodt.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button