Bosbokke seëvier, rekords spat by Tommies se bokkesport
Vier nuwe rekords is Vrydag tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse bokkesport verbeter. Die bosbokke is die wenspan met 669 punte gevolg deur die rooibokke met 403 en die springbokke met 389. Sanette Viljoen, o.14, het met twee nuwe rekords opgestel. Die 100 m-tyd verbeter sy na 14,7 sekondes en sy kon daarin …

Vier nuwe rekords is Vrydag tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse bokkesport verbeter. Die bosbokke is die wenspan met 669 punte gevolg deur die rooibokke met 403 en die springbokke met 389.
Sanette Viljoen, o.14, het met twee nuwe rekords opgestel.
Die 100 m-tyd verbeter sy na 14,7 sekondes en sy kon daarin slaag om die werpskyf tot op die 22,65 m-merk te slinger.
Eduanique Harmse, o.17, stel ‘n nuwe rekord van 11,14 sekondes in die 100 m op terwyl Maggie Makwela, o.15 met ‘n afstand van 10,33 m die nuwe rekord vir gewigstoot opstel.
Moloko Mokgawa, o.15 het hard probeer om die rekord in hoogspring te verbeter, maar kon slegs daarin slaag om dit op 1,40 m te ewenaar.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







