Oosskool hou Voëltjieatletiek
Laerskool Pietersburg-Oos het al vroeg in die jaar al die leerders op die atletiekbaan aan die gang gehad tydens Vrydag se Voëltjiesport. Volgens die skoolskakelbeampte Marlene Thomson, is het al die leerders deelgeneem, en is hulle nie in spanne ingedeel nie. ‘n Nuwe rekord is opgestel deur Zoë Dunster-Van den Heever in die 200 m …

Laerskool Pietersburg-Oos het al vroeg in die jaar al die leerders op die atletiekbaan aan die gang gehad tydens Vrydag se Voëltjiesport.
Volgens die skoolskakelbeampte Marlene Thomson, is het al die leerders deelgeneem, en is hulle nie in spanne ingedeel nie.
‘n Nuwe rekord is opgestel deur Zoë Dunster-Van den Heever in die 200 m vir meisies o.13. Haar nuwe rekordtyd is 27.12. Die rekord waarop sy verbeter het, is dié van Liezl Scholtz wat in 2008 ‘n tyd van 28.85 behaal het.
Die toptwee atlete in elke item sal in die P1-atletiekbyeenkoms meeding wat op 31 Januarie by Hoërskool Pietersburg gehou word. Pietersburg Laerskool, Northern Academy, Nirvana Primary School en Pietersburg English Medium Primary School is van die skole wat sal deelneem.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za


1 500 m vir seuns o.13.











