Phobos wys tande tydens Kruinies se werfatletiek
Met agt nuwe rekords het Curro Heuwelkruin dit duidelik gemaak dat hulle nie vir ander skole tydens vanjaar se atletiekseisoen hoef terug te staan nie. Die skool het Vrydag hul jaarlikse werfatletiek gehad met huise Phobos, Triton en Deimos van die hoërskool wat mekaar die stryd aangesê het. Phobos het geseëvier met 443 punte en …

Met agt nuwe rekords het Curro Heuwelkruin dit duidelik gemaak dat hulle nie vir ander skole tydens vanjaar se atletiekseisoen hoef terug te staan nie.
Die skool het Vrydag hul jaarlikse werfatletiek gehad met huise Phobos, Triton en Deimos van die hoërskool wat mekaar die stryd aangesê het. Phobos het geseëvier met 443 punte en die tweede en derde plek vir Triton (320) en Deimos (243) oopgelos. Die laerskool het ook deelgeneem, maar hul uitslae was nog nie bekend nie.
Lizette Pretorius, o.19, verbeter die hoog- en verspringrekord na 1,45 m en 4,37 m onderskeidelik.
Wilko Neuhoff, o.14, het ook twee rekords verbeter, die 100 m met ‘n tyd van 13 sekondes en die diskus met ‘n afstand van 27,12 m.
Ander rekords is deur o.15-atleet,Tshepiso Mananga in die 200 m, 25,7 sekondes; Charmoné Oosthuizen, o.15-gewigstoot, 9 m; Reece Wynne, o.19-gewigstoot, 10,71 m en Daniel Erasmus, o.17-gewigstoot, 10,71 m verbeter.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









