NewsSchools
Pieties wys talent tydens gradesportkragmeting
Atlete van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Dinsdag in hul massas aan die skool se jaarlikse gradesport deelgeneem. Voorheen bekend as die sterresport is die byeenkoms vanjaar as gradesport aangebied waar leerders in hul graadgroepe meegeding het. Die Absa-puntetabel is gebruik om die wengraad aan te wys. Elke graad het hul eie tema gekies en daarvolgens …

Atlete van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Dinsdag in hul massas aan die skool se jaarlikse gradesport deelgeneem.
Voorheen bekend as die sterresport is die byeenkoms vanjaar as gradesport aangebied waar leerders in hul graadgroepe meegeding het. Die Absa-puntetabel is gebruik om die wengraad aan te wys.
Elke graad het hul eie tema gekies en daarvolgens op die pawiljoen vir die geesbeker gekompeteer. Die uitslae was teen druktyd nog nie bekend nie.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



