Rustenburg te sterk vir Pietie-krieketspanne
Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste- en o.15-krieketspanne kon nie Saterdag die mas teen Hoërskool Rustenburg tydens die tweede ronde van die Finsburyreeks opkom nie. Die voordeel van Pieties-eerstespan se tuisveld het hul min gehelp en die span kon slegs 157 lopies almal uit aanteken. Die beste kolwers van die wedstryd was Ivan Reyneke (47), Louis …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste- en o.15-krieketspanne kon nie Saterdag die mas teen Hoërskool Rustenburg tydens die tweede ronde van die Finsburyreeks opkom nie.
Die voordeel van Pieties-eerstespan se tuisveld het hul min gehelp en die span kon slegs 157 lopies almal uit aanteken. Die beste kolwers van die wedstryd was Ivan Reyneke (47), Louis Nel (19) en LJ Fick (18).
Rustenburg het met 159 lopies vir slegs vyf paaltjies op Pieties se telling geantwoord.
Die o.15-span se poging in Rustenburg het ook nie vrugte afgewerp nie. PHS het eerste gekolf en 103 lopies almal uit aangeteken. Gerhard Greeff en Eduan Gobey was die topkolwers met onderskeidelik 19 en 18 lopies.
Rustenburg het Pieties se telling met ses paaltjies staande ingehaal.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




