NewsSchools

Akademiese presteerders kry erkenning

“God het aan elkeen van julle talente gegee, gebruik dit tot Sy verheerliking. Wees die Osie om te help, die ekstra myl te loop en ‘n verskil te maak,” het leerkrag, Sonja Bezuidenhout, Dins­dagaand aan graad 4- tot graad 6 topleerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) oor hul akademiese prestasies gesê. Skoolhoof, Gideon Pelzer, het ouers …

“God het aan elkeen van julle talente gegee, gebruik dit tot Sy verheerliking. Wees die Osie om te help, die ekstra myl te loop en ‘n verskil te maak,” het leerkrag, Sonja Bezuidenhout, Dins­dagaand aan graad 4- tot graad 6 topleerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) oor hul akademiese prestasies gesê.
Skoolhoof, Gideon Pelzer, het ouers tydens die prysuitdelingsfunksie vir hulle ondersteuning bedank en gesê die prestasies is in 2017 behaal. “Karakter is die begin van alles waarsonder mense min of geen sukses sal behaal. Karakter is dit wat God van jou weet. Ons skool is ‘n karakter-eerste-skool.”
Die uitblinkers in klasverband sowel as die topleerder in elke graad is aangewys. Beste presteerders in graad 4 was Jahkuska Zanna, Lenzé van Rhyn, Andru van Zyl, Marili Nel, Elmien Pieterse en Chignet Davel. Andru het die trofee as beste leerder in graad 4 met ‘n gemiddeld van 98,5% ontvang.
JW Dreyer, Mienke Becker, Floris Venter, Annie de Wet en Phillip Weterman was die top presteerders in graad 5 en J.W. het die trofee as die toppresteerder in dié graad met ‘n gemiddeld van 94,8% ontvang.
Die presteerders in graad 6 was Déwan Venter, Leandré Gouws, Anmarie Grobler, Jolene Potgieter, Cainlin Menzies en Izelna Venter. Izelna is ook die toppresteerder in die graad met ‘n gemiddeld van 96,7%.
Die vakuitblinkers in Afrikaans (huistaal) was: graad 4 – Andru van Zyl (99%), graad 5 – JW Dreyer (93%) en graad 6 – Izelna Venter (98%).
Engels (First Additional Language): graad 4 – Lerize van Rhyn (97%), graad 5 – JW Dreyer (87%) en graad 6 – Izelna Venter (97%).
Wiskunde: graad 4 – Andru van Zyl (99%), graad 5 – JW Dreyer (95%), graad 6 – Almari Rheeder (95%) en Izelna Venter (95%).
Hoofseun, Reuben Weyer het die Andre Cloete-trofee en hoofmeisie Izelna Venter die Barbara Duvenhage-trofee vir leierskap ontvang.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Uitblinkers in Afrikaans (huistaal): graad 6 – Izelna Venter (98%), graad 5 – JW Dreyer en graad 4 – Andru van Zyl (99%).
Die graad 6-presteerders was Déwan Venter, Leandré Gouws, Anmarie Grobler, Jolene Potgieter, Cainlin Menzies en Izelna Venter. Izelna is die toppresteerder in die graad met ‘n gemiddeld van 96,7%.
J.W. Dreyer, Mienke Becker, Floris Venter, Annie de Wet en Phillip Weterman was die uitblinkers in graad 5 met JW wat die hoogste gemiddeld, 94,8%, behaal het.
Toppresteerders in Wiskunde: graad 6 – Almari Rheeder en Izelna Venter, graad 5 – JW Dreyer (95%) en graad 4 – Andru van Zyl (99%).
Graad 4-slimkoppe was Jahkuska Zanna, Lenzé van Rhyn, Andru van Zyl Marili Nel, Elmien Pieterse en Chignet Davel. Andru is met ‘n gemiddeld van 98,5% die beste akademiese presteerder.
Beste presteerders in Engels (First Additional Language): graad 6 – Izelna Venter (97%), graad 5 – JW Dreyer (87%) en graad 4 – Lerize van Rhyn (97%).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button