Natasha de Jager van Wit Jassies het 'n passie vir wetenskap en het onlangs by Laerskool Pietersburg (PLS) gaan kuier waar sy die jongspan gewys het hoe lekker wetenskap kan wees.
Natasha de Jager van Wit Jassies kuier by die leerders van PLS.
POLOKWANE – Tydens die besoek het sy ‘n demonstrasie gedoen om te wys hoe ‘n vulkaan lyk wanneer dit uitbars. Met dié besoeke en demonstrasies beoog Natasha om van kindsbeen af al ‘n liefde vir wetenskap by kinders aan te wakker.
Die leerders het byna uit hul nate van opgewondenheid geborrel toe hulle lek geleentheid gehad het om ‘n klein ‘vulkaan’ te laat uitbars.
Die vulkaan, gemaak deur die Wit Jassies-span, begin oorkook en oorloop net soos ‘n regte vulkaanuitbarsting.
Natasha de Jager van Wit Jassies wys die jong leerders hoe ‘n vulkaanuitbarsting lyk om hul belangstelling in wetenskap aan te wakker.