NewsSchools

Elmari Craig wil kreatiwiteit as skakelbeampte vir PHS uitleef

Plaaslike leerkrag en veral bekende op die skool se netbalbane, Elmari Craig, is Vrydag as Hoërskool Pietersburg (PHS) se skakelbeampte aangestel en hoop om haar kreatiwiteit vlerke in dié nuwe pos te gee. “Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings. Die senuwees knaag so effens oor die onbekende, maar ek is reg vir wat …

Plaaslike leerkrag en veral bekende op die skool se netbalbane, Elmari Craig, is Vrydag as Hoërskool Pietersburg (PHS) se skakelbeampte aangestel en hoop om haar kreatiwiteit vlerke in dié nuwe pos te gee.
“Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings. Die senuwees knaag so effens oor die onbekende, maar ek is reg vir wat na my kant toe kom en hoop om ‘n verskil te maak,” sê Craig.
Sy meen PHS is meer as net ‘n korpora­tie­we entiteit en eerder deel van haar hartklop.
“Ek gaan steeds by die organisering en afrigting van netbal betrokke wees, maar nie meer klas gee nie. Ek moes Wiskunde en geskiedenis prysgee toe ek die pos aanvaar het. Gelukkig kan ek steeds by die leerders betrokke wees.”
Sy sê haar planne sluit die opdatering van die skool se databasis sowel as die webtuiste wat redelik verouderd is, in.
Craig is reeds die afgelope vyf jaar by PHS en het voorheen vir 14 jaar by Pietersburg Laerskool onderrig waarvan sy twee jaar ook as dié skool se skakelbeampte opgetree het.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button