Gradesportwenners blink uit
Leerders wat in graadverband op verskeie terreine tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se onlangse gradesport uitgeblink het, is pas aangekondig. Op atletiekgebied is daar ook vir die Ysterman en -meisietrofee gekompeteer waar leerders in ses baan- en velditems om die meeste punte moes meeding. Chené van der Merwe en Pieter Mulder het met dié titels weggestap. …

Leerders wat in graadverband op verskeie terreine tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se onlangse gradesport uitgeblink het, is pas aangekondig.
Op atletiekgebied is daar ook vir die Ysterman en -meisietrofee gekompeteer waar leerders in ses baan- en velditems om die meeste punte moes meeding. Chené van der Merwe en Pieter Mulder het met dié titels weggestap.
Die senior Victor Ludorum-atleet is Keegan Menzies terwyl Theuns Jooste dieselfde onderskeiding in die juniorafdeling behaal het. Marcelle de Jager is as senior Victrix Ludorum-atleet aangewys en Michelle Claassen as dié juniormeisie.
In landloop is Leana Swarts en Henry van Wyk as juniormeisie en -seun aangewys terwyl René Wiese en Tewis Willemse onder die seniors uitgeblink het.
In die swembad het Marjoné de Beer en Robert O’Reilly die juniors ‘n ding of twee in die swembad gewys terwyl die seniors vir Lara Oosthuizen en Ethan Anderson moes plekmaak op die podium nadat hulle as beste presteerders aangewys is.
Op die pawiljoen het die graad 9-leerders se weninisiatief met ‘n Braveheart-tema die beoordelaars die meeste beïndruk en is hulle met die sangbeker beloon.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







