NewsSchools

Nuwe atletiekbaan met trots ingewy

Atlete van Marné Ebersohn Akademie het verlede Saterdag met groot geesdrif aan die skool se eerste atletiekbyeenkoms op hul eie terrein deelgeneem. Die leerders het teen mekaar meegeding in naellope, hoogspring, verspring, gewigstoot en spiesgooi terwyl ouers vir eet- en drinkgoed gesorg het. Die stalletjies waar hamburgers, boereworsrolle, broodjies en stokworsies verkoop is, het groot …

Atlete van Marné Ebersohn Akademie het verlede Saterdag met groot geesdrif aan die skool se eerste atletiekbyeenkoms op hul eie terrein deelgeneem.
Die leerders het teen mekaar meegeding in naellope, hoogspring, verspring, gewigstoot en spiesgooi terwyl ouers vir eet- en drinkgoed gesorg het. Die stalletjies waar hamburgers, boereworsrolle, broodjies en stokworsies verkoop is, het groot aftrek gekry.
Skoolhoof, Mariëtte Ebersohn, is baie trots op die skool se eie sportgeriewe wat na baie harde werk die lig gesien het. “Ons ouers en borge het ‘n groot rol gespeel om die geriewe daar te stel en dit sou beslis nie moontlik gewees het sonder hul bydraes nie.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Jacques Roos, o.18, se hoogspringtegniek help hom oor die dwarslat.
Abri Hyman seil oor die dwarslat in die seuns o.12-hoogspring.
Leighton Siems neem aan die meisies 0.12-gewigstoot deel.
Ané Coetzee wen gemaklik in die 600 m.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button