POLOKWANE – Charlot van den Bergh het op ‘n plaas grootgeword waar sy af kleins af Sepedi leer praat het.
“My pa het altyd met die werkers op die plaas in Sepedi gepraat en dit was vir my ‘n mooi taal. Ek wou ook met hulle praat en het die taal begin leer,” vertel sy.
As ‘n onderwyser by Laerskool Pietersburg het Charlot haar kennis met die leerders gedeel.
“Ek dink dit is belangrik dat kinders nie net Afrikaans maar ook Engels moet kan praat. Die byvoeg van ‘n derde taal maak hulle net meer voorbereid om in vandag se lewe te kan komunikeer. Taal is ‘n baie magtige ding om oor te beskik en as ek deur wat ek doen die kinders beter maak is dit alles net soveel lekkerder,” vertel sy.
Verder moedig sy die kinders aan om ten minste ook ‘n derde taal aan te leer omdat ‘n persoon nie net die taal self aanleer nie, maar ook die kultuur van die persoon wat die taal praat.
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard