Skool kyk terug op 21 jaar gehalte onderrig
Leerders en personeel het Vrydag tydens ‘n kort seremonie Akademie Reformia se 21-jarige bestaan met genoeg kolwyntjies en ‘n pragtige verjaardagkoek by die skool gevier. Skoolhoof, Hennie Combrink het leerders toegespreek en vertel dat die skool op 14 Januarie 1997 in die kategeselokale van die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord sy ontstaan gehad het. “Daar was ses …

Leerders en personeel het Vrydag tydens ‘n kort seremonie Akademie Reformia se 21-jarige bestaan met genoeg kolwyntjies en ‘n pragtige verjaardagkoek by die skool gevier.
Skoolhoof, Hennie Combrink het leerders toegespreek en vertel dat die skool op 14 Januarie 1997 in die kategeselokale van die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord sy ontstaan gehad het. “Daar was ses leerkragte en 32 leerders van graad 0 tot 7. Die skool het oor die jare gegroei en in 2015 hul nuwe fasiliteite in Bendor betrek. Die skool het tans 140 leerders.
‘n Volwaardige kleuterafdeling, Kleinbegin, is in 2015 gevestig wat oor vier klaskamers met hoogstens 20 leerders per klas beskik.
Volgens Combrink streef die skool daarna om leerders die lewe met volle menswaardigheid die toekoms in te stuur en hulle ten volle toe te rus om met ‘n Christelike lewens- en wereldbeskouing hul plek in die samelewing vol te staan.
“Ons is baie dankbaar teenoor die Here dat ons vir 21 jaar topgehalte Christelike onderrig kon bied,” het Combrink ter afsluiting gesê en die skoolpouse effens verleng om leerders geleentheid te gee om behoorlik fees te vier.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com





