NewsSchools

Oosskool se ruiters hou skool se naam hoog

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het tydens die Suid-Afrikaans Nasionale Ruiterkuns Skoleassosiasie (Sanesa) Limpopo se jaarlikse prysuitdeling wat by Bloubergryskool in Vivo gehou is, uitgestyg en is as Deelnemerskool van die Jaar (laerskoolafdeling) benoem. Oosskool-ruiters wat uitsonderlik presteer het, is Lejané du Toit, Colette Swart, Charlè Britz en Jeanel du Toit. Lejané is nie net as beste …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het tydens die Suid-Afrikaans Nasionale Ruiterkuns Skoleassosiasie (Sanesa) Limpopo se jaarlikse prysuitdeling wat by Bloubergryskool in Vivo gehou is, uitgestyg en is as Deelnemerskool van die Jaar (laerskoolafdeling) benoem.
Oosskool-ruiters wat uitsonderlik presteer het, is Lejané du Toit, Colette Swart, Charlè Britz en Jeanel du Toit.
Lejané is nie net as beste laerskoolruiterskapruiter in 2017, vlak ses, aangewys nie, maar het ook drie eerste plekke behaal: in 80 cm-ruiterkuns, 90 cm-vertoonspring en 90 cm-tweefase vertoonspring. As lid van die Limpopospan het sy ook ‘n derde en vierde plek by die nasionale kampioenskappe met Colette gedeel.
Charlè het sertifikate vir deelname aan vier provinsiale kwalifiserende skoue en die nasionale kampioenskappe ontvang. Sy het ook ‘n roset vir haar tweede plek in die
40 cm-afdeling by die nasionale kampioenskappe ontvang.
Jeanel het ‘n vierde plek behaal in die
40 cm-vertoonspring en die 40 cm-idealetyd vertoonspring.
Adriana le Roux, voorsitter van Sanesa Limpopo het Oosskool en sy ruiters gelukgewens en vir hulle ondersteuning bedank.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button