Lou-Anne Hern, een van PHS se Engelse onderwysers, is slaggereed vir Wil-net-werk-Woensdag.
POLOKWANE – Van die begin van die week af is die personeel en die leerders druk besig met hul geesvang-week in voorbereiding vir die atlete wat hierdie naweek aan die interhoër gaan deelneem.
Die geesvang-week is ‘n spesiale geleentheid om die atlete in die regte bui te kry om hul beste te gee by dié byeenkoms en dien ook die doel om die ander leerders aan te spoor om vanaf die pawiljoene hulle aan te moedig en soedoende die geesbeker in te palm.
“Dit is ‘n fyn kuns om akademie met gees by ‘n skool te kombineer maar PHS se personeel het vandag hulself goed van hul taak gekwyt,” sê PHS se skakelbeampte, Elmari Craig.
Die leerders kom in die vierkant bymekaar vir Makietie-Maandag tydens PHS se geesvangweek.
PHS leerders vier Das Dinsdag by PHS om gees te vang vir die Interhoër.
Tamaryn Mussman wys hoe ‘n regte wetenskaponderwyser moet lyk as hulle klasgee.
PHS se onnies en personeel is gereed vir Wil-net-werk-Woensdag.
Liza Mussman maak seker die leerders weet sy is die kok vir PHS se Wil-net-werk-Woensdag.
Tiaan Lee maak seker die leerders onthou hy is die geoloog gedurende PHS se geesvangweek op Wil-net-werk-Woensdag.