NewsSchools

Pieties praat oor die perfekte pak of rok

Die junior leerders van Hoërskool Pietersburg het op Dinsdag, 20 Februarie hul dansskoene afgestof vir vanjaar se eerste skooldans.

POLOKWANE – ‘n Skooldans is die ideale geleentheid om deftig aan te trek en Review het dié kans gebruik om by leerders te hoor hoe hulle te werk gaan om die perfekte uitrusting te beplan.

Die meisies het verklap dat hulle gewoonlik vir die eerste dans van die jaar klere dra wat hul reeds in hul kaste het. Daarna begin hulle rokke vir skoolgeleenthede koop en dié word deur die loop van die jaar al hoe duurder.

Die seuns vertel dat hulle net op spesiale danse soos die Valentynsdans baie mooi aantrek en moontlik ‘n hemp of broek sal koop maar die ander danse dra hulle gewoonlik maar wat daar in die kas is.

Van die leerders het aan Review vertel dat die klere enige iets van R1 000 tot amper R10 000 kan kos, afhangend van die geleentheid.

Dit is duidelik dat net soos baie van die ander dinge waarvoor PHS bekend is soos atletiek, sport en akademie, haal hulle ook uit en wys as dit by skooldanse kom.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button