NewsSchools

Pieties vier liefde tydens Valentynsbal

Die senior leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag in hul massas by die skoolsaal opgedaag om in die gees van Valentynsdag tot laataand die saalvloer rooiwarm te dans. Tydens die skool se Valentynsbal het leerders nie net vir die Mnr en Mej Valentyn gekompeteer nie, maar ook vir ander pryse meegeding. Francois Koekemoer en …

Die senior leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag in hul massas by die skoolsaal opgedaag om in die gees van Valentynsdag tot laataand die saalvloer rooiwarm te dans.
Tydens die skool se Valentynsbal het leerders nie net vir die Mnr en Mej Valentyn gekompeteer nie, maar ook vir ander pryse meegeding.
Francois Koekemoer en hoofmeisie, Mari Geerkens is as Mnr en Mej Valentyn gekroon terwyl die paartjies, Annemie Rheeder en Gerhard van der Merwe, en Amanda Grobler en Sharn van Rensburg as bittereinderdansers aangewys is.
Die Dreamy Dressers-prys is aan Tendai Kgopa en Mercy Mamabolo toegeken terwyl die skitterpaartjies, Heinrich Viljoen en Inge Brits, en Sharn van Rensburg en Tenieke van der Watt is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die meisies is gereed om tot laatnag te sokkie.
Voor is Mia O’Niel, Annerlie Roos, Miemie Saaiman en Tersmari Malan. Agter is Wilmari Muller, Keegan Fourie, Hanri Bezuidenhout, Diana van Niekerk, Theresa van Staden en Michelle Young.
Die haan, Roy Stewart onder die henne, Juané Viljoen, Annemie Rheeder, Zydra Hattingh en Cara Coetzee.
Vier hartebrekers, JJ Botha, Keanu Castelyn, Nicky Bam en Dihan Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button