NewsSchools

PHS het geen gelyke by interhoër, wen agtste keer

Atlete en die sanggroep van Hoërskool Pietersburg (PHS) kan opreg breëbors wees nadat hulle verlede Vrydag tydens die interhoër, wat by Hoërskool Eric Louw in Musina aangebied is, vir die agtste agtereenvolgende jaar koning gekraai het. Pieties het moue hoog opgerol en met ‘n groottotaalverskil van 127 punte teenoor die naaswenners, Hoërskool Merensky, gewys dat …

Atlete en die sanggroep van Hoërskool Pietersburg (PHS) kan opreg breëbors wees nadat hulle verlede Vrydag tydens die interhoër, wat by Hoërskool Eric Louw in Musina aangebied is, vir die agtste agtereenvolgende jaar koning gekraai het.
Pieties het moue hoog opgerol en met ‘n groottotaalverskil van 127 punte teenoor die naaswenners, Hoërskool Merensky, gewys dat hulle kampioene is. PHS se seuns- en mei­siespanne wen hul afde­lings onderskeidelik met 397,5 en 361,5 punte en verseker daarmee die algehele eersteplek met 759 punte.
Pieties het 60 goue-, 39 silwer- en 35 bronsmedaljes ingepalm en verskeie individualistiese prestasies behaal.
Deelnemende skole was Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, hoërskole Louis Trichardt, Frans du Toit, Merensky en Eric Louw en Northern Academy Secondary.
Zenobea Jewaskiewitz is beste senior meisiesbaanatleet, Shané Both, beste junior meisiesbaanatleet, Chriselda Bothma beste junior meisieveldatleet, Alida du Preez, senior Victrix Ludorum, Theuns Jooste, junior Victor Ludorum.
Die personeel se aflosspan wat uit Corné Craig, Claudine Booysen, Deon Jewaskiewitz en Leandri van Huyssteen bestaan het, het ‘n bronsmedalje verower.
Die dirigente en sanggroep met die tema, Fire & Ice, is algehele naaswenners.
“Ons is ongelooflik trots op elke atleet, afrigter, dirigent en ondersteu­ner wat hulle tyd vir PHS opgeoffer het. Die byeenkoms was net weer eens ‘n bewys dat ‘n mens die vrugte pluk wanneer jy hard werk. PHS het vanjaar die interhoër vir die agtste keer agtereenvolgens gewen en ons is nederig dankbaar vir ons leerders se Godgegewe talente,” sê PHS-skakelbeampte, Elmari Craig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Senior Victrix Ludorum-atleet, Alida du Preez en die skoolhoof, Johan Minnie.
Theuns Jooste ontvang sy Junior Victor Ludorum-trofee van skoolhoof, Johan Minnie.
Zenobea Jewaskiewitz, beste meisiesatleet, met PHS se wentrofee as beste meisiespan saam met Minnie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button