Pieties woeker met sport-, kultuurtalente
Personeel en ouers en medeleerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) is met reg trots op ‘n groep leerders wat op sport- en kultuurgebied presteer het. Violis, Stephan de Lange is vir die derde agtereenvolgende jaar in die gesogte Simfonia Juventi-jeugorkes opgeneem. Die orkes met eiesoortige karakter is onder leiding van die gesaghebbende Fanie Jooste wat elke …

Personeel en ouers en medeleerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) is met reg trots op ‘n groep leerders wat op sport- en kultuurgebied presteer het.
Violis, Stephan de Lange is vir die derde agtereenvolgende jaar in die gesogte Simfonia Juventi-jeugorkes opgeneem. Die orkes met eiesoortige karakter is onder leiding van die gesaghebbende Fanie Jooste wat elke lid met die hand uitsoek en aan streng oudisies onderwerp. Kriteria vir toelating berus op musiektalent en vaardigheidsvlakke met ‘n spesifieke instrument.
Celente Badenhorst, Merize Rademeyer, Monique Lange en Ruwan van der Watt is onlangs in die provinsiale tennisspan opgeneem.
Pieties het ook hul atletiekspan vir die elite PUK Top 10-atletiekbyeenkoms aangewys wat die skool sal hoog hou.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za





