Tommies ryg medaljes in
Atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat Vrydag aan die jaarlikse interhoër by Hoërskool Eric Louw in Musina deelgeneem het, het met 26 medaljes teruggekeer. Agt van die medaljes is goud, agt silwer en tien brons. Tommies se seuns het met ‘n totaal van 148,5 punte algeheel vierde geëindig terwyl die meisies met 54 …

Atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat Vrydag aan die jaarlikse interhoër by Hoërskool Eric Louw in Musina deelgeneem het, het met 26 medaljes teruggekeer.
Agt van die medaljes is goud, agt silwer en tien brons. Tommies se seuns het met ‘n totaal van 148,5 punte algeheel vierde geëindig terwyl die meisies met 54 punte algeheel vyfde is.
Blitsatleet, Eduaniq Harmse, o.17, het in die 100 m en verspring skoonskip gemaak. Hy nael die100 m in ‘n wentyd van 11.4 sek af en behaal ook ‘n eerste plek in verspring met ‘n afstand van 6,39 m.
Ander goue medaljes is deur Mokgawa Moloko (o.15-hoogspring, 1,4 m), Sunet Viljoen (o.14-diskus, 28 m) en Zandré Cloete (o.17-200 m, 22,94 sekondes). Tommies se o.14- en o.17-seunaflosspan het ook goue medalje gewen.
Silwermedaljes is verower deur Michelle Mensah (o.19-gewigstoot), Dipela Tsipisso (o.15-300 m), Tony Mashengete (o.17-hoogspring), Musa Makamu (o.19-400 m), Maggie Makwela (o.15-gewigstoot), Zelri du Bruyn (o.19-spiesgooi), Matsobane Huma (o.16-
1 500 m) en Samuel Malata (o.19-1 500 m).
Die bronmedaljewenners is Phodzo Nwedamutswu (o.16-400 m), JP Venter (o.16-diskus), Mulalo Modida (o.15-100 m), Matsobane Huma (o.16-400 m), Makgobe Bopape (o.19-800 m en 1 500 m), Tia Mamabolo (o.14-
200 m), Britteney Odendaal (o.14-90 m hekkies) en Joggie Geduld (o.15-400 m). Die o.19-seunaflosspan het ook brons verwerf.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



