Local NewsNews

VLU maak kaartjies met ‘n verskil

Eeue gelede reeds het mense die waarde van kaartjies besef, of dit nou verjaarsdagkaartjies, kaartjies van gelukwense of kaartjies van medelye is.

POLOKWANE – Tydens die Vroue Lanbou-unie (VLU) Finesse Aandtak se Maartvergadering het Esla Snyman nuwe kaartjie-idees met die lede gedeel.

“Dit hoef regtig nie duur te wees om kaartjies te maak nie. Ek gebruik goed wat in die huis rondlê,” vertel sy terwyl sy voorbeelde aan die vroue vertoon.

“Draad en krale is baie oorspronklik en met die regte gom kan dit maklik in ‘n kreatiewe kunswerk verander.”

Sy vertel dat sy dikwels geskenkpapier inspan om kaartjies te maak. “Ek knip die motiewe van die geskenkpapier uit en plak it op die kaartjie. Ek maak ook gebruik van ander papiervorms, stensils en plakboek-items onder andere. ‘n Kaartjie kan ook opgevrolik word met die manier waarop hy gevou is, of waarop hy oopgemaak word. Binne in die kaartjie kan jy ‘n papier opvou wat groot uitvou. Sommige kaartjies kan so gevou word dat dit as ‘n koevert vir ‘n geskenkbewys of kontant kan dien.”

Sy vertel dat verskillende soorte penne, soos kalligrafiepenne, ook handig te pas kom.

“’n Mens kan beslis iets maak van niks en daar is niks so spesiaal soos ‘n handgemaakte kaartjie nie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button