Local NewsNews

Beweerde moetiemoord in stad

‘n Middeljarige man se liggaam waarvan sy geslagsdele, ore en lippe afgesny is, is Maandag deur ‘n verbyganger sowat 10 km buite die stad gevind. Die grusame vonds is op die Onverwachtpad op pad na Modjadjiskloof (R81) gevind en die slagoffer is vermoedelik ook keelaf gesny en sy hande agter sy rug vasgebind. Provinsiale polisiewoordvoerder, …

‘n Middeljarige man se liggaam waarvan sy geslagsdele, ore en lippe afgesny is, is Maandag deur ‘n verbyganger sowat 10 km buite die stad gevind. Die grusame vonds is op die Onverwachtpad op pad na Modjadjiskloof (R81) gevind en die slagoffer is vermoedelik ook keelaf gesny en sy hande agter sy rug vasgebind.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê ‘n rituele- of moetiemoord vorm deel van die on­dersoek en dit wil voorkom of die moord moontlik elders gepleeg en die liggaam van die ongeïdentifiseerde man op die pad afgelaai is.
Op ‘n foto wat aan Polokwane Observer verskaf is, kan dit duidelik gesien word dat sy geslagsdele, ore en lippe afgesny is wat weens die grafiese detail nie gepubliseer kan word nie.
Volgens Ngoepe is nog geen arrestasies gemaak nie en die gemeenskap se hulp word gevra. Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, Richard Boshomane, by 079 894 5501 skakel of by die naaste polisiestasie aanmeld.
Dié voorval volg op die moord van drie mans wie se liggame verlede Dinsdag naby Hlanganani met verskeie skietwonde gevind is. ‘n Verbyganger het die volgende dag ‘n vierde man wat nog lewend was, gevind. Hy het op skrif aan die polisie bevestig dat hy saam met die oorledenes was. Die polisie het be­vestig dat die vier mans van Roode­poort in Gauteng afkomstig is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button