Krugie-trommies reik na die sterre
Stokke is gegooi en vlae gewapper op die rugbyveld van Laerskool Krugerpark toe 13 skole aan die jaarlikse 'Day of the stars' Limpopo rasieleiers en majorette kompetisie deelgeneem het.
MOKOPANE – Waterberg High School, Laerskool Krugerpark, Potties Comprehensive School en Mokopane Primary School se trommies was almal daar.

Laerskool Krugerpark het in hul ‘small drill’- afdeling vir hul hoofleidster ‘n vierde plek behaal, vir subleidsters ‘n tweede plek, vir vlaggies ‘n derde plek en ‘n algehele derde plek vir hul span.
Krugies het ook vir die eerste keer met ‘n junior trompoppiespan begin vir die gr. 2- en 3 leerders. Waterberg High School het laat weet dat daar ook nog vir hulle presiese punte gewag word.

Mokopane Primary School se rasieleiers afrigter, Violet Mahlanya, sê het hulle nog nie al die uitslae van hul groepe ontvang nie.
Martie Viljoen, Laerskool Krugerpark afrigter sê dit was ‘n goeie dag gewees en die reën het dit gelukkig nie bederf nie. Die volgende Provinsiale Majorette kompetisie sal op 9 Junie by Hoërskool Tom Naude plaasvind.





