Local NewsNews
Vulstasies knap op as dankie-sê
Eienaars van vulstasies in die stad het besluit om hul dank op 'n spesiale manier aan die polisie te bewys deur die Polokwane Polisiestasie se ingang op te knap.
POLOKWANE – Volgens Frank Hislop van Elegant Fuel het hulle ‘n goeie verhouding met die polisie.
“Ons het dit goedgedink om iets vir hulle te doen en het kol. André Kotze gekontak wat toe voorgestel het ons knap die ingang op.
“Limpopo Contractors het gehelp en daar is vensters vervang, die hele vooraansig is geverf, afdakke is opgesit en die trappe is geteël. Daar is ook ‘n ryvlak vir rolstoele gebou.”
Kotze het sy dank uitgespreek. “Ons waardeer wat julle gedoen het opreg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



