Potgietersrus DLU tops, wen talle trofeë
Die Potgietersrus Distriklandbou-unie het die een trofeë na die ander ingepalm tydens die algemene jaarkongres van die TLU SA wat verlede maand in Pretoria gehou is.
MOKOPANE – Henk van de Graaf, Streekvoorsitter, het ‘n woord van besondere waardering teenoor die gaste uitgespreek wat vanjaar die TLU SA se kongres bygewoon het.
“U bywoning en spontane deelname aan die kompetisies maak my as u streekvoorsitter opreg trots om met julle almal te kan saamwerk. Noordstreek het soos in die verlede, baie goed gevaar in al die kompetisies.
“Wat ek veral opgemerk het is die manier waarop personeel mekaar aanspoor om volgende jaar ook in te skryf.”
Baie geluk aan die wenners:
• Presidentstrofee vir jongboer-betrokkenheid: Johan de Beer van Potgietersrus Distriklandbou-unie (DLU).

• RF Camphor-beker vir die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns getoon: Potgietersrus DLU.
• Intfin-wisseltrofee vir Sekretaresse/Sekretaris: Renita Prinsloo van die Potgietersrus DLU.

• Commondale-trofee vir die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns deur ‘n boerevereniging: Crecy Boerevereniging van die Potgietersrus DLU.
• Kiepersoltrofee vir projekte wat aangepak is om die breë publiek bewus te maak van die rol van landbou en die georganiseerde landbou in die gemeenskap: Potgietersrus DLU vir hulle veiligheidsprojek.
• TLU SA/ LWO Arbeidstrofee wat ‘n individuele trofee is vir die boer wat sy/haar arbeidspraktyke die gesondste bedryf: WD Malherbe van WDM Boerdery, Potgietersrus DLU.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




