NewsSchools

Mika Steyl op Unisa se ererol van uitblinkers

Mika Steyl, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Pietersburg het haarself onderskei toe sy onlangs die Royal Schools se graad 7-klaviereksamen met vlieënde vaandels geslaag het. Sy het ook die graad 5 teorie-eksamen, wat ‘n voorvereiste is om aan die praktiese eksamen deel te neem, met ‘n lofpunt van 92% geslaag en sodoende ‘n plek op …

Mika Steyl, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Pietersburg het haarself onderskei toe sy onlangs die Royal Schools se graad 7-klaviereksamen met vlieënde vaandels geslaag het.
Sy het ook die graad 5 teorie-eksamen, wat ‘n voorvereiste is om aan die praktiese eksamen deel te neem, met ‘n lofpunt van 92% geslaag en sodoende ‘n plek op Unisa se ererol van uitblinkers verdien.
Haar musiekonderwyser, Thea Botha is baie trots op haar leerling vir die afgelope sewe jaar en verwag dat sy nog groot hoogtes gaan bereik in haar musiekloopbaan.
Volgens haar ma, Jonita, het Mika reeds op sesjarige ouderdom begin klavier speel en gaan Mika aanstaande jaar met haar universiteitsopleiding begin maar is nog onseker van welke studierigting.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button