NewsSchools

Skole spook sake uit op jukskeibaan

Die derde jukskei skoleliga vir die jaar is Saterdag by die Pietersburg Jukskeiklub gehou toe plaaslike hoër- en laerskole mekaar die stryd aangesê het. Laerskool Dendron, Pietersburg Laerskool en Laerskool Pietersburg-Oos sowel as Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het deelgeneem. In die laerskole se A- en B-afdeling het Oosskool se o.13-seuns …

Die derde jukskei skoleliga vir die jaar is Saterdag by die Pietersburg Jukskeiklub gehou toe plaaslike hoër- en laerskole mekaar die stryd aangesê het.
Laerskool Dendron, Pietersburg Laerskool en Laerskool Pietersburg-Oos sowel as Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) het deelgeneem. In die laerskole se A- en B-afdeling het Oosskool se o.13-seuns met die louere weggestap terwyl PHS se o.16A- en Tommies se o.19A-seunspan ook goud verower het. Onder die meisiespanne was PHS se o.16- sowel as die o.19-span die sterkste.
Die vierde en finale ronde van die liga word op 24 Augustus aangebied.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ethan Venter van Oosskool laat waai met ‘n skei.
Suidskool se Eleanor van Gulden in aksie.
Shanco Duvenhage van Tommies se skei verlaat sy hand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button