NewsSchools

Tommies, Kruinies onoorwonne in Virsekerbeker

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Curro Heuwelkruin het Saterdag op hul onderskeie tuisvelde gewys dat hulle vir geen span in vanjaar se Virsekerbeker-reeks hoef terug te staan nie. Die gewilde toernooi sorg jaarliks vir groot skole rugby-aksie en beide skole het na afloop van die naweek na die kwarteindronde deurgedring. Tommies, wat in afdeling …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Curro Heuwelkruin het Saterdag op hul onderskeie tuisvelde gewys dat hulle vir geen span in vanjaar se Virsekerbeker-reeks hoef terug te staan nie.
Die gewilde toernooi sorg jaarliks vir groot skole rugby-aksie en beide skole het na afloop van die naweek na die kwarteindronde deurgedring. Tommies, wat in afdeling 3 deelneem, se o.14-span het teen Hoërskool Fochville te staan gekom en die eindtelling op 52-12 beslis terwyl die o.15-span naelskraap met ‘n telling van 8-7 teen Leeuwenhof Aka­demie geseëvier het. Tommies se o.16-span het ook nie lyf weggesteek nie en hul opponente van Hoërskool Bekker 20-12 laat les opsê.
Op Kruinies se veld is dieselfde prentjie geskets met die o.15-span wat Curro Nelspruit 32-24 klop en die eerstespan wat Queens High School met 41-12 oorrompel het.

Story and photos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tommies se o.14-spelers, Christian Badenhorst met die bal, wen veld terwyl sy spanmaat, Dawie Briers ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button