Paris Matseba van Northern Academy gooi die bal terug na die bouler.
POLOKWANE – By die o/15’s se wedstryd, kolf Tom Naudé eerste en maak 157 lopies na 20 boulbeurte. Northern Academy word op hulle beurt, almal vir 41 lopies uitgehaal.
JP Venter van Tom Naudé in aksie op die krieketveld.
In die wedstryd tussen die o/17’s, teken Tom Naudé 104 lopies aan. Northern Academy haal toe 105 lopies en wen met sewe paaltjies.