Gemengde welslae vir Pieties, Tommies op krieketveld
Die skolekrieketseisoen is goed op dreef en plaaslike skole meet op ‘n weeklikse basis kragte om vanjaar se wenners te bepaal. Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstespan het Saterdag teen Southern Cross School te staan gekom. Die gaste het eerste hul paaltjies beskerm en Tommies se aanslag het gesorg dat Southern Cross 236 lopies …
Die skolekrieketseisoen is goed op dreef en plaaslike skole meet op ‘n weeklikse basis kragte om vanjaar se wenners te bepaal.
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstespan het Saterdag teen Southern Cross School te staan gekom. Die gaste het eerste hul paaltjies beskerm en Tommies se aanslag het gesorg dat Southern Cross 236 lopies almal uit aanteken. Tommies het hard terug baklei, maar kon nie die mas opkom nie nadat hulle slegs 186 lopies almal uit kon aanteken.
Hoërskool Pietersburg se eerste- en o.15A-spanne het koppe met Hoërskool Piet Potgieter gestamp terwyl die o.15B-span Hoërskool Ellisras die stryd aangesê het. Die eerstespan laat Piet Potgieter les opsê nadat hulle die wedstryd met vier paaltjies wen.
Die o.15A-span laat ook nie op hul wag nie en klop Piet Potgieter op hul tuisveld in Mokopane met 6 paaltjies.
Die o.15B-span was nie so gelukkig nie nadat Ellisras hulle met vyf paaltjies oorrompel het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




