NewsSchools

Hokkie, netbalspanne Pieties se trots

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkie- en netbalspanne het ook puik tydens hul onderskeie toernooie presteer. Die o.16-hokkiemeisiespan is as Limpopo-kampioene sowel as Noordvaal-wenners aangewys terwyl die eerste hokkieseunspan algeheel vierde tydens Noordvaal eindig. Al die hokkieseunspanne is vroeër in die seisoen as Limpopo-kampioene aangewys en behaal gesamentlik ‘n algehele derde plek by Noordvaal. Op die …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkie- en netbalspanne het ook puik tydens hul onderskeie toernooie presteer.
Die o.16-hokkiemeisiespan is as Limpopo-kampioene sowel as Noordvaal-wenners aangewys terwyl die eerste hokkieseunspan algeheel vierde tydens Noordvaal eindig. Al die hokkieseunspanne is vroeër in die seisoen as Limpopo-kampioene aangewys en behaal gesamentlik ‘n algehele derde plek by Noordvaal.
Op die netbalbaan het spanne ook nie teleurgestel nie. Die o.14-, o.15-, o.16- en o.17-span verwerf goud tydens die Limpopo-kampioenskappe terwyl die eerstespan brons verower. Die o.16-span eindig algeheel sesde in Suid-Afrika.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die eerstes netbalspan is voor, Nicole van Graan, Vernita Stols, Yvette Louw, Zandri Swarts en Marcelle de Jager. Agter is afrigter, Annalize Boneschans, Estelle Cloete, Mariek Snyman, Maritza Oosthuizen, Mercy Mamabolo en Kayla Krause.
Die o.17-netbalspan is voor, Franzell du Toit, Nicoela van der Walt en Carla Esterhuizen. Agter is afrigter Elmari Craig, Dané van Wyk, Marjolize Steyn, Lize van Ryneveld, Mishka Prinsloo, Louise van Ryneveld en afrigter, Sunett Snyman.
Die o.16A-netbalspan is voor, Ashley Kruger, Odine Swanepoel en Marzelle Luüs. Agter is Elzaan Espach, Cameron Dunkley, afrigter Elmari Craig, Kayla Pratt en Chanelle Cloete. Chané Pennels was afwesig.
Die o.15A-netbalspan bestaan uit Jurinda van Schalkwyk, Linelle O’Reilly en Carla Craig, voor, met skoolhoof Willie Schoeman, afrigter Melandie Snyman, Carla le Roux, Carmi van den Heever, Ruvé Erasmus, Antné Smit, Clarissa Jacobs, skeidsregter Shannon van Heese en Limpopo skolenetbal-president Betty Phala, agter.
Die o.14A-netbalspan bestaan uit voor, Chané Viljoen, Britney Cronjé en Karlise Bacher. Agter is Cailin Menzies, Zoë Dunster-van den Heever, Tammylee Ferreira, Kayla de Villiers, Anika de Lange, Alfrieda Joubert en afrigter Shannon van Heese.
Die groep hokkieseuns tydens ‘n toer gedurende die seisoen. Al die seunspanne is as Limpopo-kampioene aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button