NewsSchools

Pieties vat goud, silwer, brons tydens Fast 5-netbalkampioenskappe

Die jaarlikse Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is Saterdag deur vlugtige voetwerk en vinnige besluite op die baan gekenmerk. Verskeie skole van regoor die provinsie het aan die kampioenskappe vir o.15- en o.17-spanne deelgeneem. Pieties het die o.17-af­deling oorheers deur goud te verwerf gevolg deur Mitchell House in die tweede …

Die jaarlikse Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is Saterdag deur vlugtige voetwerk en vinnige besluite op die baan gekenmerk.
Verskeie skole van regoor die provinsie het aan die kampioenskappe vir o.15- en o.17-spanne deelgeneem. Pieties het die o.17-af­deling oorheers deur goud te verwerf gevolg deur Mitchell House in die tweede plek. Die o.15-afdeling is deur Hoërskool Ben Vorster gewen met PHS in die tweede sowel as die derde plek.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig sê dit is die derde jaar wat die kampioenskappe aangebied word en die belangstelling in dié formaat van netbal groei jaarliks. Slegs vyf spelers is in ‘n span en hulle vernuf en fiksheid word behoorlik getoets, volgens Craig.
Die spanne wat die eerste drie plekke behaal het neem van 22 tot 24 September aan die Fast 5-nasionale kampioenskappe in Boksburg deel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tommies se o.15-speler, Reabetswe Ramoshaba soek ‘n gaping na ‘n spanmaat.
Linelle O’Reilly van PHS se o.15-span op die verdediging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button