NewsSchools

Pieties witwarm in vanjaar se wintersport

Na harde oefening, spanwerk en deursettingsvermoë het Hoërskool Pietersburg (PHS) vanjaar se wintersportseisoen op ‘n hoë noot afgesluit. Van die skool se rugby-, netbal- en hokkiespanne het uitnemend in hul onderskeie reekse of ligas presteer deur met goud of sil­wer weg te stap. Die eersterugbyspan het veral verras toe hulle tydens die Virsekerbeker-reeks as wenners …

Na harde oefening, spanwerk en deursettingsvermoë het Hoërskool Pietersburg (PHS) vanjaar se wintersportseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.
Van die skool se rugby-, netbal- en hokkiespanne het uitnemend in hul onderskeie reekse of ligas presteer deur met goud of sil­wer weg te stap.
Die eersterugbyspan het veral verras toe hulle tydens die Virsekerbeker-reeks as wenners in afdeling 2 aangewys is. Die span het Ligbron Akademie Saterdag in Alberton 23-20 geklop om as wenners van die gesogte reeks aangewys te word.
Die o.16-span het teen dieselfde skool in die finaal kragte gemeet, maar was nie so gelukkig nie en is as naaswenners aangewys. Beide spanne sowel as die o.14-span is ook as Limpopo-wenners gekroon.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se eersterugbyspankaptein, Brandon Cronjé ontvang die trofee van ‘n verteenwoordiger van Virseker.
Die verheugde eerstespan vier hul oorwinning tydens die Virsekerbeker-reeks se finaal.

 

 

Die o.16-rugbyspan is as naaswenners van die Virsekerbeker-reeks se afdeling 2 aangewys.
Die verheugde o.14A-rugbyspan is Limpopo-wenners en vorder tot by die kwarteindronde van die Virsekerbeker-reeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button