NewsSchools

Pieties blink uit tydens Blitzfees

Die jaarlikse Blitzfees wat deur Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied word het verlede Saterdag weer eens vir groot opwinding en adrenalien-gevulde sport gesorg. Gedurende die Blitzfees poog die skool om sewesrugby, fast 5-netbal en quick 6-hokkie te promoveer en lok groot belang­stelling van skole regoor die provinsie. Die fees word slegs vir o.15- en o.17-spanne in …

Die jaarlikse Blitzfees wat deur Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied word het verlede Saterdag weer eens vir groot opwinding en adrenalien-gevulde sport gesorg.
Gedurende die Blitzfees poog die skool om sewesrugby, fast 5-netbal en quick 6-hokkie te promoveer en lok groot belang­stelling van skole regoor die provinsie.
Die fees word slegs vir o.15- en o.17-spanne in al drie sportksoorte aangebied.
Op die netbalbaan het PHS se o.15- sowel as o.17-spanne met die louere weggestap. Mitchell House se o.17-span het ‘n silwer­me­dalje verwerf.
Die hokkiemeisies het ook nie op hulle laat wag nie en in beide ouderdomsgroe­pe koning gekraai terwyl die o.17-seuns ook die goue medalje om hul nekke kon hang.
Op die rugby­veld het dinge effens anders gelyk en was die geluk nie aan Pieties se kant nie. Beide rugbyspanne eindig algeheel negende in hul onderskeie ouder­domsgroepe.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Vernita Stoltz van PHS soek ‘n gaping na haar spanmaat.
Kruinies se Grant Steynberg, o.17, gee die bal vinnig uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button