NewsSchools
Almal is wenners by MEA sportdag
Leerders van Marné Ebersohn Akademie het verlede Vrydag ‘n geleentheid gehad om op hulle eie sportvelde aan atletiekitems deel te neem toe die skool ‘n interne sportdag aangebied het. Die jong sportlui het aan naellope en velditems soos gewigstoot deelgeneem en vir die heel jonges was daar selfs turbospies. Sportorganiseerder Riaan van Wyk sê dat …

Leerders van Marné Ebersohn Akademie het verlede Vrydag ‘n geleentheid gehad om op hulle eie sportvelde aan atletiekitems deel te neem toe die skool ‘n interne sportdag aangebied het.
Die jong sportlui het aan naellope en velditems soos gewigstoot deelgeneem en vir die heel jonges was daar selfs turbospies.
Sportorganiseerder Riaan van Wyk sê dat die dag ‘n groot sukses was en dat die ouers se betrokkenheid waardeer word. “Dit was ‘n sosiale byeenkoms en ons het nie tellings bygehou nie.”
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



