NewsSchools

Oud-Pietie blink steeds uit in krieket

Op skool was hy bekend vir sy uitsonderlike prestasie op die krieketveld en bou oud-Pietie, Morné Venter op sy sukses voort nadat hy onlangs as die Nelson Mandela Universiteit se Krieketspeler van die Jaar aangewys is. Benewens dit het hy ook met die toekennings as Veelsydigste Speler en Bouler van die Jaar weggestap. Die 21-jarige …

Op skool was hy bekend vir sy uitsonderlike prestasie op die krieketveld en bou oud-Pietie, Morné Venter op sy sukses voort nadat hy onlangs as die Nelson Mandela Universiteit se Krieketspeler van die Jaar aangewys is.
Benewens dit het hy ook met die toekennings as Veelsydigste Speler en Bouler van die Jaar weggestap.
Die 21-jarige student het in 2016 aan Hoërskool Pietersburg gematrikuleer en sedert sy groentjiejare aan krieket deelgeneem.
Tydens sy hoërskoolloopbaan ontvang hy ook die toekenning as Speler van die Jaar op skoolvlak en ontvang dieselfde toekenning van Limpopo Impala Krieket. Hy word ook vir die plaaslike Impalas se provinsiale span gekies en neem aan die jaarlikse Ruralweek in Kimberley deel.
Sy liefde en passie vir krieket was reeds op laerskool duidelik toe hy as Pietersburg Laerskool se o.13-Speler van die Jaar aangewys is en toe reeds dieselfde toekenning van Impala ontvang het.
Sedert Venter op universiteit is waar hy sy graad in besigheidsbestuur voltooi, het hy aan University Sports South Africa (USSA) se toernooi in Paarl deelgeneem sowel as aan die klubkampioenskappe en Varsity Cup in Stellenbosch.
Sy ma, Christa sê dit is steeds haar seun se droom om vir die Proteas te kan uitdraf en het elke afrigter en onderwyser bedank vir die volgehoue ondersteuning om sy passie uit te leef.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button