NewsSchools
Suidskool-redenaarspanne blink uit op nasionale vlak
Harde werk, deursettingsvermoë, toewyding en lang ure wat deur goeie afrigters ingesit is, het gesorg dat Pietersburg Laerskool se graad 2- en graad 7-redenaarspanne onlangs as wenners van ‘n nasionale redenaarskompetisie aangewys is. Die graad 2-span het tydens die onlangse nasionale finaal van die Radikale Redenaars by Laerskool Constantia Park in Tshwane met goud weggestap …

Harde werk, deursettingsvermoë, toewyding en lang ure wat deur goeie afrigters ingesit is, het gesorg dat Pietersburg Laerskool se graad 2- en graad 7-redenaarspanne onlangs as wenners van ‘n nasionale redenaarskompetisie aangewys is.
Die graad 2-span het tydens die onlangse nasionale finaal van die Radikale Redenaars by Laerskool Constantia Park in Tshwane met goud weggestap terwyl die graad 7-span tydens die Oppie Tong Af Nasionale Kompetisie by Midstream College in Midrand ook as wenners gekroon is.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



