Tommies sê dankie met gesellige borge-aand
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdagaand op eg Meksikaanse wyse dankie gesê aan meer as 100 borge wat die skool gedurende die afgelope jaar met raad en daad bygestaan het. Gaste is verwelkom met opgewekte Meksikaanse musiek, nacho’s en pikante doopsouse wat gevolg is deur ‘n driegangmaaltyd met taco’s, burrito’s, wortelkoek en ander …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Donderdagaand op eg Meksikaanse wyse dankie gesê aan meer as 100 borge wat die skool gedurende die afgelope jaar met raad en daad bygestaan het.
Gaste is verwelkom met opgewekte Meksikaanse musiek, nacho’s en pikante doopsouse wat gevolg is deur ‘n driegangmaaltyd met taco’s, burrito’s, wortelkoek en ander lekkernye.
“HTS Tom Naudé strewe na uitnemendheid en dit is slegs haalbaar danksy weldoeners uit die gemeenskap wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop,” het skoolhoof Piet Holtzhausen gesê terwyl hy na die skool se mylpale oor die afgelope jaar verwys het. Voorsitter van die skool se beheerliggaam, Eben Potgieter het elkeen bedank vir hul betrokkenheid en bydraes.
Die aand is afgesluit met drinkgoed wat deur H2O en König Koffie geskenk is.
Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



